SKATKIS BOEKE - TREASURECHEST BOOKS

(Herinneringe van ou boeke is 'n skat om te geniet - Memories of old books is a treasure to enjoy)

NUUTSTE VERANDERINGE

- Verskeie veranderinge en nuwe inligting is bygevoeg. Al die fotoverhale is nou op datum. Gaan loer gerus.

-Die Karoo Avonture reeks is opgedateer na 14 voorblaaie toe.

- Baie goeie nuus! Van die mees gewilde reekse op die betrokke webwerf gaan binnekort weer in boekvorm verskyn. Hou gerus die spasie dop.

- Heelwat reekse is opgedateer en nuwe reekse is bygevoeg, soos byvoorbeeld die Leesgenot reeks, Baasspeurder reeks en Karoo avonture reeks.

- Heelwat nuwe reekse, sowel as enkel boek storieverhale se voorblaaie is bygevoeg. Daar is onder andere nuwe reekse soos Fargo en Sundance, boeke van Pluim, Laager, Sebra en Pronk is opgedateer en nog vele meer. Nuwe reekse se inligting is ook by die reeks boeke lys van name bygevoeg.

- Voorblaaie van sekere storieverhaal reekse is bygevoeg. Kyk gerus na onder andere die Ruiter reeks.

- Voorblaaie van fotoverhale is op die hoofblad gesit.

- Agtergrond inligting rondom meeste van die fotoverhale is bygevoeg.

- Gaan eers vroeg volgende jaar die webwerf verder opdateer. Kyk dan uit vir nog ongeveer 500 voorblaaie van sagteband storieverhale van die vyftiger en sestiger jare, asook die eerste Swart Luiperd reeks druk (9 boeke) wat in 1949 verskyn het.

- Voorblaaie van die volgende reekse is bygevoeg: Tarzan reeks (1ste en 4de druk), Anton Kogh boeke, Andreas du Plessis boeke en Sandberg Beyers boeke.

- Voorblaaie van die volgende reekse is bygevoeg: Oerwoudvalk reeks, Wit Mamba reeks, Jaap Zeeman reeks, Perdedief reeks en Anton de Wet reeks.

- Nog boeke is bygevoeg by die uitruil boeke lys.

- Die paar uitstaande voorblaaie van Die Swart Luiperd reeks - Pronk uitgewers is bygevoeg en dit maak die reeks se voorblaaie nou ook volledig. Let wel, van die boeke se voorblaaie moet nog klaar gerestoreer word.

- Goeie nuus! Die fotoverhaal boeke van die sewentiger jare het gekom en wil ek graag vir Mnr. Koos Papenfus van Brayton hartlik daarvoor bedank. Hy was so gaaf om sy versameling van 'n paar honderd fotoverhaal voorblaaie vir my te verskaf om hier te kan plaas. Volgens hom was daar in totaal meer as 5 000 van die betrokke boekies gedruk en dit onder verskeie reekse. Hier word 382 boekies in 39 verskillende reekse voorgehou en dit is dus maar net 'n fraksie van al die fotoverhale wat uitgegee was.

- "Foute" wat mag voorkom op die webwerf se verduideliking daarvoor is bygevoeg. Die Sahara Avontuur reeks, Oloff die Seerower reeks, Elda van Eck reeks, Woeste Laeveld reeks, Henk Human reeks, Simon Rand reeks, Diamantveld Avontuur reeks, Fabel Retief reeks, Maagd van die See reeks, Tamar reeks, Oerwoudvalk reeks, Ryk Schoonraad reeks, SA Polisie reeks, Swerwer Speurder reeks, Woeste Weste reeks en Mank Mannetjie reeks se Pronk voorblaaie is bygevoeg, maar dit is nog nie alles gerestoreer nie. Sal dit met verloop van tyd doen. "Waar pas die boek in" is 'n nuwe opskrif wat ook bygekom het.

- Wat word huidiglik gedoen? Tans werk ek aan Oloff die Seerower reeks (Pronk uitgewers) se voorblaaie. Ongeveer 100 losstaande boeke is bygevoeg, sien "ENKEL BOEKE VOORBLAAIE" links. 'n Voorbeeld van die restorasie proses is ook by "RESTORASIE VAN BOEKE SE VOORBLAAIE" link gevoeg.

- Wat is reeds gedoen? Reeks boeke van Sirkel uitgewers se voorblaaie is reeds opgesit, sowel as die Die Swart Luiperd en Rooi Jan boeke van Pronk en APB uitgewers. Meeste ander informasie links werk ook.

- Ongeveer 100 enkel boeke se voorblaaie is bygevoeg onder sekere uitgewers.

- Wat gaan dalk binnekort bykomend gedoen gaan word? Iets wat groot belangstelling mag gaande maak, is dat ek poog om ongeveer 300 fotoverhale boekies, se voorblaaie in die hande te kry. Sou ek daarin slaag, gaan dit ook op die webwerf verskyn, onder die verskillende fotoverhaal reeks name wat in die sewentiger jare uitgegee was.
- 'n Voorlopige lys van hardeband boeke is bygevoeg by "Verkoop boeke".

Copyright © 2019 by Pieter Haasbroek. All rights reserved.
Last updated: 9 November 2019